Standard hou eersdaags sy opwindende sewesrugbytoer­nooi vir hoërskole.

Vanjaar se kompetisie beloof weer om, net soos verlede jaar, die beste en opwindendste skoleblitsrugby in die Vallei te bied.

’n Minimum van 16 spanne van Worcester, Villiersdorp, Touwsrivier, De Doorns, Robertson, Rawsonville en die Witzenberg gaan sake op Bosvarkpark (Hoërskool Gimnasium se sportterrein) uitspook om as die beste
sewesspan die Hilderine Schröder-trofee in die wenner se glaskas toe te sluit.

Verlede jaar was dit die spanne van Worcester Sekondêre Skool (WSS) en Worcester Gimnasium wat die skare met hul skitterende spel op hul voete gehad het.

Die eindstryd tussen dié twee skole was propvol opwindende naelbytrugby. Gimnasium het die stryd in die doodsnikke van die wedstryd met 19-7 gewen.

Langeberg Sekondêr van Robertson het die bronsme­dalje gewen.

Hoërskool Esselenpark 1 het Nuwe Hoop in die skildeindstryd geklop en Hoërskool Esselenpark 2 het verlede jaar met die skild se bronsmedalje weggestap.
. Vanjaar se Standard-sewestoernooi vind Vrydag 7 September op Bosvarkpark by Worcester Gimnasium plaas. Kaartjies is by die hekke te koop. Prys: R5 vir volwassenes en leerders, voorskoolse kinders gratis. Motors: R20. Hekke open 13:00, wedstryde begin 14:00.

You need to be Logged In to leave a comment.