’n Kranige rugbyspeler van Worcester Rooms-Katolieke (RK) Primêre Skool, Alungile Mothibe, is onlangs in die Boland o.13-akademiespan opgeneem. Hy gaan in die Junie-vakansie aan die SA rugbytoernooi in Uitenhage deelneem. Sy afrigter, Nazeem van Sitters, sê Alungile speel tans die Worcester-streek aan die brand en het al in verskeie proefspanne gespeel. “Alungile het die rugbytalent en potensiaal om eendag ’n Sewes-Springbok te word,” sê Van Sitters. Foto: