Advies van hoogstaande gehalte

Die Hermitage Adviesgroep het geen bekendstelling nodig nie ná 20 jaar as uitnemende eenstop-dienssentrum vir finansiële beplanning en versekering.


Die Hermitage Adviesgroep het geen bekendstelling nodig nie ná 20 jaar as uitnemende eenstop-dienssentrum vir finansiële beplanning en versekering.

Korttermynversekering- en lewensversekering, beleggings, inkomstebeskerming, dekking vir ongeskiktheid en kritieke siekte, aftreevoorsiening en -beplanning, boedelbeplanning, effektetrusts, Vitality- en Multiply-programme, sorgvrye reisversekering, mediese fondse en oorbruggingsdekking is waarvoor kliënte al jare by hulle aanklop.

Dit is danksy Hermitage se uitvoer van sy visie om die mees effektiewe en bekostigbare produkreeks aan kliënte te bied, om kliënte in álle aspekte van finansiële beplanning en korttermynversekering te adviseer, en om voor- en naverkoopdiens van uitstaande gehalte te lewer.

Die onderneming se verbintenis om altyd die ekstra myl te stap, is wat sy reputasie gevestig het, nie net in die Breedevallei nie, maar dwarsoor Suid-Afrika.

Vir topgehalte-advies, kontak Hermitage Maandae tot Donderdae van 07:45 tot 16:45 en Vrydae van 07:30 tot 16:30.

Besoek www.hermitage.co.za, e-pos insure @hermitage.co.za of skakel 023 348 8888.

You need to be Logged In to leave a comment.