Alica gaan by KSUT studeer

Alicia Valentine van Wolseley Sekondêr het glad nie verwag om die beste matriekleerder in haar skool te wees nie.


Alicia Valentine van Wolseley Sekondêr het glad nie verwag om die beste matriekleerder in haar skool te wees nie.

Sy was baie senuagtig die oggend voordat die uitslae bekend gemaak is en wou eers haar punte aanlyn kyk, maar het toe daarteen besluit.

“Ek was baie opgewonde toe ek my punte sien; ek het dit regtig nie verwag nie. Ek wou net my ouers trots maak deur te slaag.”

Sy meen haar sukses in die eindeksamen is te danke aan die feit dat sy gefokus gebly het.

“Ek wou net my doelwitte bereik, en het daarop gefokus gebly. Al was dit soms moeilik, het ek altyd net myself probeer inspireer sodat ek goed kon vaar en goeie punte kon behaal,” vertel Valentine, wat ’n gemiddelde punt van 73,9% behaal het.

Sy sê tydens haar gr. 11-jaar het die inperkings as gevolg van die pandemie haar lui gemaak, maar verlede jaar was dit anders.

“Toe ons in graad 11 was, het ons nie voltyds skool toe gegaan nie, so daai ‘aan en af’ by die skool of by die huis het my lui gemaak. Maar hierdie jaar, omdat dit my matriekjaar was, was anders. Ek het meer aandag aan my skoolwerk geskenk.”

Valentine beplan om rekeningkunde aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie se Wellington-kampus te studeer.

“Ek sien baie uit om te begin studeer. Ek is verlede jaar voorlopig aanvaar en wag om te hoor of ek wel kan gaan.”

You need to be Logged In to leave a comment.