Drostdy se atlete het die afgelope naweek gewys wat in hulle steek.

Van die Wes-Kaap se sterkste sportskole het Vrydag by Dal Josafat-stadion in Paarl aan die jongste Cape Gold-interhoër­atletiek­­reeks deelgeneem.

HTS Drostdy het gaan kragte meet teen skole soos Hoër Meisieskool La Rochelle, Hoërskool Paarl Gimnasium, Paul Roos Gimnasium, Hoërskool Stellenberg, Hoërskool Bellville, Hoër Meisieskool Bloemhof, Hoër Jongenskool Paarl, Hoër Meisieskool Paarl, Hoër Landbouskool Boland en Hoërskool DF Malan.

Die formaat vir die kompetisie is dat elke skool slegs een atleet vir elke veld- of baanitem mag inskryf.

Uit die 11 skole is daar net plek vir agt atlete op die baan, wat beteken dat elke skool se topatleet in die spesifieke item die spykerskoene in die grond sal kan laat sink.

Bekend as skole se weergawe van varsity-atletiek, het dié interhoëratletiekreeks in Gauteng deur die jare so sterk geword dat skole op groot skaal daaraan deelneem.

Die uitslae (met die eerste vyf plekke) is soos volg:

Spankompetisie (gemeng):

1. Paarl Gimnasium 559

2. HTS Drostdy 526

3. Stellenberg 484

4. DF Malan 370

5. Hoërskool Bellville 276

Meisieskompetisie:

1. Hoërskool La Rochelle 384

2. Hoër Meisieskool Paarl 318

3. Hoër Meisieskool Bloemhof

278

4. Paarl Gimnasium 257

5. Stellenberg 224

Seunskompetisie:

1. Hoër Jongenskool Paarl 357

2. HTS Drostdy 314

3. Paarl Gimnasium 302

4. Stellenberg 260

5. Paul Roos Gimnasium 246

You need to be Logged In to leave a comment.