Op julle merke, gereed… hardloop! Die tweede jaarlikse skole-atletiekafrigtingsprogram is onlangs by Bolandpark aangebied deur Piet Kemp. Hy is ‘n oud-skoolhoof en SA Colleges-rugbyspeler.
Kemp stel hom dit ten doel om atletiek, wat tradisioneel die gewildste skolesport in Worcester en die omgewing was, weer tot sy reg te laat kom.
Die Olimpiese atleet Rogail Joseph, tesame met Boland Atletiek se Brandon du Plessis, Shaheed Isaacs, Jaco du Toit, Tariq Klink en die nasionale afrigter, Rodney Booysen, was deel van die program. Charles Beukes, oud-administrateur van Atletiek Suid-Afrika (ASA) en Boland-beskermheer, die atlete gemotiveer het.
“Worcester was vir dekades lank ’n bakermat vir baan- en veld-atlete, maar deesdae suig die streek aan die agterspeen van Boland-baan en -veld en dit moet reggestel word,” het hy gesê.





