ATM Eiendomme se kantoor is geleë by Fairbairnstraat 27.


By ATM Eiendomme kan kliënte staatmaak op topgehalte bemarking en verhuring van residen­siële, kommersiële en landbou-eiendom.

Die ATM-groep is nou al vir 30 jaar betrokke in die eiendomsbedryf en is die afgelope paar jaar ook in Worcester gevestig, waar gekwalifiseerde agente met hul jare se ondervinding van Worcester se eiendomsmark uithalerdiens aan kliënte lewer.

By ATM Eiendomme baat die kliënt by die kundige kennis wat oor jare verkry is in die eiendomsbedryf en help hulle kopers, verkopers en beleggers om ’n ingeligte besluit te neem oor hul eien­domsbehoeftes.

Hulle glo in professionele dienslewering, goeie kliënteverhoudinge en hulle is altyd bereid om die ekstra myl vir hul kliënte te stap.

ATM Eiendomme Worcester fokus op die dorp en onmiddellike omgewing soos Rawsonville, De Doorns en Villiersdorp.

Die onderneming is egter ook betrokke by verskeie residensiële en kommersiële eiendomsontwikkelings reg oor die land.

Kantoorure is 08:00 tot 16:30, maar die agente is altyd ook na-ure beskikbaar.

Besoek gerus atmpropertyprojects.co.za en like hul facebook-blad by atmpropertyprojects.

Besoek ook hul kantoor by Fairbairnstraat 27, of skakel 023 347 1717.

You need to be Logged In to leave a comment.