Die feit dat Jamie Jamo B Arnoldus baie praat,
is iets wat jou onmiddellik aantrek wanneer jy met hom ’n gesprek begin.

Hy het miskien nie ’n stem om ’n sanger te wees
nie, maar hy moet iewers inpas, sê hy.
nie, maar hy moet iewers inpas, sê hy.
Dié Worcesterse rymkletser en petroljoggie gaan
eersdaags die betonoerwoud aandurf waar hy as ’n intern by een van die land se
grootste onafhanklike radiostasies begin werk.

Tydens ’n werksessie by Vallei FM, het hy met
Jakaranda FM se programbestuurder ’n gesprek gehad.

Dié het Jamie aangemoedig om aansoek te doen om
die internskap.
die internskap.
Jamie sê die geleentheid is vir hom ’n voet in
die deur vir sy musiek, wat hy klassifiseer as “poetry met ’n beat” met meestal
motiverende boodskappe om die jeug aan te moedig om God te dien.

“Mense weet hoe die industrie is, dit is maklik
om nee te sê. Ek was net bly dat hulle my raakgesien het.

“Ek het besef hoe groot die geleentheid is en
daarvoor is ek baie dankbaar,” sê hy.
daarvoor is ek baie dankbaar,” sê hy.
Hy beskou die ikoniese rymkletser Tupac Shakur
as sy grootste inspirasie.
as sy grootste inspirasie.
“Nie almal verstaan hom nie. Ek hou daarvan dat
hy veral sy ervarings deel wat hy in Keep Ya Head Up en Dear Mama sing.

“Ek het nog nooit my ma so waardeer totdat ek
daardie liedjie gehoor het nie,” vertel hy.

Die taaltowenaar, HemelBesem, is ook een van sy
gunstelinge en die hoofrede hoekom Jamie sy tong “knoop” in Afrikaans.

Dié 20-jarige petroljoggie het in graad 10,
terwyl hy nog in die Sekondêre Skool Esselenpark was, sy liefde vir rym ontdek.
Daar het hy homself beskou as een van die skoolkonings wanneer dit by rymklets
kom.“Worcester is die perfekte plek om te leer.
Wanneer ek aan die mense hier dink: was dit nie vir hulle wat my waardeer het
nie, sou ek nie gewees waar ek vandag is nie,” sê hy.

Jamie hou Saterdag 8 April ’n
optrede by die Kleinteater om sy storie te vertel en dankie te sê aan almal wat
bygedra het tot sy sukses tot dusver. Skakel 071 759 0454 vir kaartjies
(R50).