Die bendegeweld in Riverview, Worcester, het gister weer opgevlam met skietvoorvalle wat helder oordag in die gemeenskap plaasgevind het. Verskeie viseos het op sosiale media die rondte gedoen.
Volgens die plaaslike polisiewoordvoerder, kapt. Lindikhaya Mkontwana, is drie skote omtrent 21:30 gisteraand in Brookestraat in Riverview deur ‘n onbekende verdagte afgevuur. ‘n 22-Jarige man het gesig- en bo-armwonde opgedoen as gevolg van die skietvoorval.
“ ‘n 32-jarige verdagte is in hegtenis geneem. Hy sal in die Worcester-landdroshos verskyn nadat hy aangekla is vir poging tot moord,” sê Mkhontwana.
Op dieselfde dag teen omstreeks 21:45 tussen die G- en H-blok in Riverview is die polisie uitgeroep nadat ‘n man skietwond aan sy regterarm en lae rug opgedoen het.
“Geen verdagte is nog in verband met dié voorval in hegtenis geneem nie. ‘n Saak van poging tot moord is bygelê vir verdere ondersoek,” sêMkhontwana.
Mkhontwana sê die polisie kan nie bevestig dat die videos wat tans die rondte op sosiale media doen, verbind kan word aan die bogenoemde voorvalle nie.
nie.