Besondere gesinshuis op ruim erf in Langerug

Hierdie netjiese huis bied die beste kombinasie van ruimte, veiligheid, gerief en waarde vir geld. Die eiendom spog met ’n goed toegeruste, ruim kombuis, ’n aparte waskamer en toegang na ’n kuier-area in die beskutte binnehof.


Hierdie netjiese huis bied die beste kombinasie van ruimte, veiligheid, gerief en waarde vir geld. Die eiendom spog met ’n goed toegeruste, ruim kombuis, ’n aparte waskamer en toegang na ’n kuier-area in die beskutte binnehof.

Die aangrensende oopplan-eetkamer het karaktervolle houtvloere en baie natuurlike lig. Die aantreklike leefarea met ’n ingeboude kaggel waarborg snoesige winters voor die vuur saam met die familie. ’n Skuifdeur lei na ’n lekker kuierstoep.

Vier ruim slaapkamers, elk met ingeboude kaste en houtvloere, verseker genoeg ruimte vir die groter gesin. Die hoofslaapkamer met en suite-badkamer en moderne ingeboude kaste getuig van styl en elegansie. ’n Buitedeur uit die hoofslaapkamer lei ook na die binnehof.

’n Lieflike tuin met ’n groot grasperk en swembad voeg waarde toe tot hierdie eiendom. Die onderdakbraai-area is lekker groot en vorm die kuier-hart van die huis met sy vele buitelewe-opsies. Die groot erf is ten volle omhein en bied genoeg sekuriteit om vir die gesin gemoedsrus te gee. ’n Dubbele motorhuis rond die prentjie af.

Indien jy op soek is na ’n karaktervolle huis op ’n ruim erf, is dié huis jou antwoord. Om die besondere woning te besigtig, kontak PSD by 072 388 1445 of e-pos na info@propertyselldirect.co.za. Ons hoor graag van jou.

You need to be Logged In to leave a comment.