Haydar Khan, ’n leerder aan Worcester Gimnasium, is in die o.15A-Boland-krieketspan opgeneem. Dié span het gedurende die Desembervakansie aan die Interprovinsiale toernooi deelgeneem. In ’n opwarmingswedstryd teen Westelike Provinsie teken hy 54* aan. Haydar het besonders goed geboul en neem die tweede meeste paaltjies vir Boland in die toernooi. Hy word ook as speler van die wedstryd aangewys teen die Vrystaat. Hy is ook as kaptein van sy span aangewys. Foto: