Die Wes-Kaap het nog net twee dae se bloedvoorraad oor.

Die Wes-Kaapse bloeddiens doen ’n ernstige beroep op alle bloedskenkers om bloed te skenk omdat die bloedvoorraadvlak kritiek laag is.

“Ons mik om ’n bloedvoorraad van vyf dae te handhaaf, maar tans ervaar ons ’n kritieke tekort in die O+-bloedgroep. Ons het slegs twee dae se voorraad in hierdie bloedgroep oor,” sê Marike Gevers van die bloeddiens.

“Ons moedig alle bloedskenkers aan om ’n voorneme te maak om vanjaar lewens te red deur vier keer per jaar te skenk.”

Elke skenker wat ’n eenheid bloed in Januarie skenk, sal ’n bloeddiens-gesigmasker ontvang. . Indien jy tussen die ouderdom van 16 en 75 jaar oud is, 50 kg of meer weeg, ’n algemene goeie gesondheid handhaaf en ’n veilige seksuele leefstyl lei, behoort jy te kan bloed skenk. Om jou naaste bloedskenkkliniek te vind, laai gerus die app op Android en iOS af of stuur ’n WhatsApp na 060 549 7244.

You need to be Logged In to leave a comment.