Vula Youth het ’n program oor boeliegedrag saam met die plaaslike polisie aangebied.Foto: Denique Smith


Vula Youth, ’n jeugleierskap-ontwikkelingsinisiatief, het verlede Donderdag saam met die plaaslike polisie ’n program oor boeliegedrag in skole by die NGK Oefenskool aangebied.

Leerders en onderwysers het aandagtig geluister toe Russel Cupido, die stigter van Vula Youth, oor verskillende vorms van boelie gepraat het.

Hy het aan die leerders gesê dat boeliegedrag baie makliker voorkom as wat leerders dink en dat hulle onmiddellik hul ouers of die onderwysers moet inlig indien hulle boeliegedrag teëkom.

Cupido het ook aan die leerders gesê dat hulle soos ’n uitveër moet wees en boelies en boeliegedrag by hul skool moet uitvee.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Worcester Standard School Vibes Issue #3 – 5 December 2025
    Credit: Wynette King

Gift this article