‘n Boer (53) van Villiersdorp is ernstig beseer toe hy
mans probeer keer het wat besig was om by sy huis in te breek.
Die voorval het Saterdagaand omstreeks 22:00 plaasvind op die
plaas Lovenstein buite die dorp.
Die boer, Willem Roux, is oorrompel en hy het ernstige beserings in sy gesig, op sy kop asook oor dele van sy lyf opgedoen .
Volgens sy broer, Andries, sterk Willem tuis aan. Dit is nog nie duidelik waarmee hy geslaan is en of die inbrekers vuurwapens gehad het nie. Die polisie is nog op die toneel en besig met ondervragings.
“Hulle het eers by sy bakkie ingebreek. Daarna het hulle by die huis se skuifdeur probeer inbreek. Willem het hulle probeer keer en hy is op
sy voorkop geslaan, waarvoor hy steke gekry het. Hy het oral kneusplekke.”
Andries sê hulle is baie bly dat niemand anders in die voorval beseer
is nie. Volgens hom was dit nie ‘n plaasaanval nie, maar eerder ‘n inbraak wat skeefgeloop het.
“Dit was nie ‘n plaasaanval nie maar ‘n inbraakpoging, dit kon soveel erger gewees het,” sê hy.
Die Villiersdorp-polisie het die voorval bevestig maar kon geen verdere inligting verskaf nie. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.