Brandwacht Besproeiing fokus op gehaltediens

Brandwacht Besproeiing in Hoogstraat is al sedert 2004 oop en dien die landbougemeenskap, met die fokus op goeie diens. Die onderneming verkoop landbouprodukte, installeer en onderhou pompe, en verskaf naverkope-ondersteuning aan hul klante. Eienaar Gert Pretorius verduidelik dat hulle altyd daardie ietsie ekstra insit om hul klante tevrede te hou. “Ons dien klante in die…


Brandwacht Besproeiing in Hoogstraat is al sedert 2004 oop en dien die landbougemeenskap, met die fokus op goeie diens.

Die onderneming verkoop landbouprodukte, installeer en onderhou pompe, en verskaf naverkope-ondersteuning aan hul klante. Eienaar Gert Pretorius verduidelik dat hulle altyd daardie ietsie ekstra insit om hul klante tevrede te hou.

“Ons dien klante in die omgewing en selfs tot Laingsburg en Carnarvon in die Noord-Kaap. Die span is altyd nauurs beskikbaar om uit te gaan en pompe te versien en te herstel. Bel my gerus by 083 383 1326 vir nauurse diens.”

Brandwacht Besproeiing is Maandae tot Vrydae van 08:00-17:00, en Saterdae van 08:00-12:30 oop

You need to be Logged In to leave a comment.