Breedevallei-matrikulante vereer

Die Kaapse Wynland-munisipaliteit het verlede week onder meer die topmatrikulante uit die Breedevallei-munisipaliteit vir hul prestasie in die 2019-eindeksamen vereer.


Die Kaapse Wynland-munisipaliteit het verlede week onder meer die topmatrikulante uit die Breedevallei-munisipaliteit vir hul prestasie in die 2019-eindeksamen vereer.

Die leerders uit Worcester, Paarl, Stellenbosch en Wellington het byeengekom om hul sukses te deel en dié mylpaal saam met mekaar te vier.

Die SA topleerder van 2019, Madelein Dippenaar van Paarl Gimnasium, het ook die geleentheid bygewoon en is spesiaal benoem vir haar merkwaardige prestasie.

Sy het ’n geldprys van die munisipaliteit en ander borge ontvang.

Die klas van 2019 het geskiedenis gemaak deurdat hulle deur die 80%-slaagsyfer gebreek het.

“Ons is trots op al ons matrikulante wat hard gewerk het om sukses in die 2019-eindeksamen te behaal. Dit is glad nie maklik om die eerste plek in jou skool te behaal nie. Dit maak nie saak wat jou individuele prestasie is nie; vir jou en jou skool is dit die beste en iets om op trots te wees,” het Helena von Schlicht, die uitvoerende burgemeester van die Kaapse Wynland-munisipaliteit, gesê.

“Ek wil graag ook die onderwysers noem vir hul harde werk en toewyding om seker te maak dat die leerders gehalte-onderrig by ons skole ontvang.”

Die topkandidate wat vereer is, was: . De Kruine Sekondêr: Veronique Matthys. Hoërskool Hexvallei: Merishnique Witbooi. Hexvallei Sekondêr: Josuan Philander. Van Cutsem Combined: Solibanzi Ndoyisile Maxin. Vusisizwe Sekondêr: Azole Klaas. Hoërskool Breërivier: Izaania Lakey. HTS Drostdy: Sune Conradie. Esselenpark Sekondêr: Roreanco Staggie. Hoërskool Montana: Sune-Mari Koekemoer. Hoërskool Somerset: Farhaan Parsons. Worcester Gimnasium: Tineke Swanepoel. Worcester Sekondêr: Wilmarie McThomas. Brandvlei Youth Centre: Marlon Louw. De La Bat: Kopano Choche. Hoërskool Goudini: Cylon Cupido. Langerugskool: Frederick Sybert Mouton. Pionierskool: Carl Roos. Wolseley Sekondêr: Petronice Mbodla

You need to be Logged In to leave a comment.