Buurtwag bepleit vir R’ville probleme help oplos

,

‘n Gemeenskapsvergadering is twee weke gelede deur die polisie in Rawsonville gehou waar inwoners se grootste klagtes harde musiek ná ure, mense wat dronk in die publiek is en mense […]


‘n Gemeenskapsvergadering is twee weke gelede deur die polisie in Rawsonville gehou waar inwoners se grootste klagtes harde musiek ná ure, mense wat dronk in die publiek is en mense wat urineer in die straat was. Straatslapers en onwettige smouse was ook van hul griewe.

Daar is verkeerdelik berig dat lt. kol. Leatitia Southey, bevelvoerder van die Rawsonville-polisie, hulle aangeraai het om ‘n gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) op die been te bring. Sy het hulle inderdaad gevra om ‘n buurtwag op die been te bring. In ‘n gesprek met Standard & Breederivier Gazette het sy gesê die GPF is reeds in plek.

“Indien inwoners ‘n buurtwag stig, kan hulle sigbare polisiëring versterk wanneer hulle patrollies – of dit in voertuie is of per voet – doen. Ons het net ‘n sekere aantal mense wat per skof aan diens is en hulle hanteer die klagtes. Wanneer daar meer sigbare polisiëring is, sterk hulle ons hande,” het sy gesê.

“Rawsonville het nie permanente munisipale wetstoepassers nie en die polisie help dus om van daardie munisipale verordeninge te polisieer,” het sy verduidelik.

Categorised:,

You need to be Logged In to leave a comment.