Ceres se slimkop wil dokter-droom verwesenlik

Hoërskool Charlie Hofmeyr in Ceres se toppresteerder, Adele Meyer, gaan vanjaar medies aan die Universiteit Stellenbosch studeer en kan nie wag vir dié uitdaging om te begin nie.


Hoërskool Charlie Hofmeyr in Ceres se toppresteerder, Adele Meyer, gaan vanjaar medies aan die Universiteit Stellenbosch studeer en kan nie wag vir dié uitdaging om te begin nie.

Adele het 90,9% in haar eindeksamen behaal.

“Ek het al op vyfjarige ouderdom besluit ek wil ’n dokter word. Wat my nog meer in die rigting gestuur het, was toe ek op televisie gesien het hoe dokters ’n keisersnit doen. Ek is ’n omgeemens en wil graag ander wat in nood is help,” het sy aan Standard vertel.

Adele sê vanjaar se matriekleerders moet alles deur die jaar geniet, want die jaar gaan baie gou verby.

“As jy jou oë uitvee, is die jaar verby. Geniet jouself ten volle, maar jy moet ook van die begin af hard werk. Ek het altyd gesorg dat my werk op datum is, want as jy eers agter raak, is dit moeilik om daardie werk in te haal.

“Ek het ook deur die eksamen baie ou vraestelle deurgegaan wat my baie gehelp het,” het Adele gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.