Courtney Gempies, ’n matriekleerder aan Worcester Gimnasium, is onlangs as ambassadeur van die World Literacy Foundation verkies. Hierdie organisasie poog om geletterdheid die wêreld oor te bevorder. Die organisasie het 2 600 aansoeke uit 118 lande ontvang, maar Courtney het koning gekraai. Sy gaan binnekort ’n kursus bywoon wat haar sal toerus met vaardighede om ongeletterdheidskwessies te help hanteer. Foto: