Vat mishandelaars sò vas

Soveel vroue gaan gebuk onder mishandeling, maar ook mans kan slagoffers daarvan wees, hoewel dit dikwels misgekyk word.


Soveel vroue gaan gebuk onder mishandeling, maar ook mans kan slagoffers daarvan wees, hoewel dit dikwels misgekyk word.

Daar is egter maniere om jouself teen ’n mishandelaar te beskerm.

Waarvoor is ’n hofbevel as dit by mishandeling kom? 

  • Verbale mishandeling: Wanneer jy afgeknou, geskel, sleggesê, geblameer, gekleineer of verskree word.
  • Fisieke mishandeling: Wanneer jy rondgestamp, geklap, met die vuis geslaan, geskop, gebrand, gebyt of met ’n mes gesteek word. 
  • Gedwonge toegang: Wanneer jy ongenooide besoeke of oproepe kry, of wanneer die persoon weier om te gaan wanneer hy of sy gevra word om te gaan.
  • Dreigemente met vuurwapens of ’n mes: Hy of sy dreig om jou te skiet of met ’n mes te steek, of probeer om jou kinders bang of dood te maak.
  • Agtervolging: Wanneer jy oral agtervolg word of die heeltyd gebel word om vas te stel waar jy is.
  • Seksuele misbruik: Wanneer jy gedwing word om teen jou sin seks te hê, of wanneer jy gedwing word om seksuele dade uit te voer wat jou ongemaklik laat voel.
  • Misbruik van mag: Wanneer die persoon altyd maak of hy of sy reg is, jou aansê wat om te doen of besluite neem sonder om jou te raadpleeg.
  • Beskadiging van jou eiendom: Wanneer jou klere geskeur word, jou besittings verbrand word, belangrike dokumente soos jou ID of paspoort vernietig word, of wanneer jou meubels beskadig word.
  • Wanneer jou bewegings beperk word: Wanneer jy in die huis toegesluit word, jy van jou familie of vriende afgesonder word, of jou telefoonoproepe gemonitor word.
  • Mishandeling van jou kinders: Wanneer jou kinders verskree word, fisiek of seksueel mishandel word, gedwing word om jou oproepe of besoekers te monitor, of ingespan word om goed te steel.
  • Sê die mishandeling is jou skuld: Wanneer die persoon voorgee dat hy of sy jou nooit seergemaak het nie, of jou blameer vir al sy of haar probleme.
  • Ekonomiese mishandeling: Wanneer hy of sy jou nie toelaat om te gaan werk nie, jou geld afneem, weier om genoeg geld vir die huishouding te voorsien, of die gesin se inkomste op drank, dwelms of dobbel uitgee.

Doen aansoek om ’n beskermingsbevel by ’n landdroshof

  • Die persoon wat jou mishandel kan deur ’n beskermingsbevel beveel word om die volgende te doen of nie te doen nie:
  • Om op te hou om jou te mishandel of om op te hou om ander mense aan te sê om jou te mishandel.
  • Om nie jou werkplek of tuiste te betree nie.
  • Om die huur of verband op die huis te betaal en om geld vir kos en ander huishoudelike uitgawes te voorsien.

’n Beskermingsbevel kan die polisie ook verplig om ’n polisiebeampte te voorsien om jou te begelei terwyl jy jou goed gaan haal en om die persoon wat jou mishandel, se wapens te verwyder.

You need to be Logged In to leave a comment.