Dag sonder skoene laat leerders wonder

Personeel en leerders van Vergesig Primêr in Robertson het Vrydag 1 Junie aan die ACVV se Een-dag- sonder-skoene-projek deelgeneem en kaalvoet by die skool deurgebring.


Personeel en leerders van Vergesig Primêr in Robertson het Vrydag 1 Junie aan die ACVV se Een-dag- sonder-skoene-projek deelgeneem en kaalvoet by die skool deurgebring.

Dié projek word aangebied as deel van die nasionale Kinderbeskermings­maand.

“Dit is maar net een van die ACVV se bewusmakingsprojekte wat ons met Kinderbeskermingsmaand doen. Die een-dag-sonder-skoene-projek word elke jaar 1 Junie gehou ter gedagtenis aan kinders wat mishan­del en verwaarloos word. Dit gee ook aan kinders die geleentheid om ’n verskil in ander se lewe te maak. Met hierdie projek poog ons om soveel skenkings van niebederfbare kos, skoene en klere in te samel,” sê Li-Andi Daniels, gemeen­skaps­ontwikkelaar.

Die skoolhoof, Catherine Marcus, sê dit beteken baie vir die skool om deel van so ’n projek te wees juis omdat die leerders en onderwysers weer bewus gemaak kan word van dié wat niks het nie.

“Ons is baie dankbaar oor die projek, want ons ervaar hoe minderbevoorregte kinders, wat nie het wat ons het nie, voel. Dit laat die kinders besef wat hulle het en dat hulle dit moet waardeer. Dit was baie pret en die kinders het dit natuurlik ook baie geniet,”voeg Marcus by.

You need to be Logged In to leave a comment.