Rebirth Dance Company in Worcester het Vrydagaand omtrent die gehoor vermaak toe hul dansers hul eerste geldinsamelingsvertoning gehou het.
Volgens Nathaniel Jacobs, mede-stigter van Rebirth, was die byeenkoms ’n sukses en hulle hoop om meer vertonings deur die loop van die jaar te hou.
“Ons gaan definitief weer ’n geldinsameling in die naby toekoms hou,” sê hy.
Jacobs sê hulle is ’n organisasie sonder winsoogmerk wat nie tans finansiering vir sy opleidingsprogram ontvang nie.
“Van alles is die opleidingsprogram die belangrikste omdat dit die toekoms van die dansmaatskappy is,” sê Jacobs.
Hy sê besonderhede vir die volgende geldinsameling sal mettertyd deurgegee word.