Haar grootword-omstandighede het Devonay Philander, die toppresteerder van De Kruine Sekondêr, gemotiveer om hard te werk en sukses te behaal.
Devonay, wat met ’n gemiddelde van 75,6% geslaag het, sê hulle het dit nie breed nie en dit het haar meer in die matriekeindeksamen gefokus gehou.
“Ek het nie regtig ’n rolmodel nie, maar ek wil bo ons omstandighede uitstyg.”
Die inperking het dit baie moeilik gemaak om te leer omdat sy in haar gr. 11-jaar byna nooit by die skool was nie. Dit het tot gevolg gehad dat sy en haar klasmaats gr. 11 en gr. 12 se werk in een jaar moes leer.
“Ek wil aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) gaan studeer om ’n sielkundige te word.”