Worcester se rugbyliefhebbers kan solank die dag vir hul naweekplanne aanteken – Saterdag (6 September) gaan Bolandpark behoorlik aan die gons wees met die gewilde Sanlam-derby tussen Alberts en Primrose.
Vir Alberts is die opwinding tasbaar. Dié span is saam met Prouks van De Doorns gelyk boaan die Boland-Streek-uitdaagkompetisie se punteleer. Al wat hulle nodig het, is één punt in hierdie kragmeting om as 2025 se streekkampioen gekroon te word. Maar dis nie sommer net nog ‘n wedstryd nie – eer en geskiedenis is ook op die spel.
Alberts het ‘n taai Primrose-span vroeër vanjaar met 15-10 geklop en nou wag ‘n terug- vegwedstryd tussen twee trotse klubs met ‘n ryke tradisie en lojale ondersteuners.
Alberts se uitstekende sei- soen beteken hy kyk verder as net die streek. Hy wil sy plek vir die groot promosie-relegasiewedstryd op 20 September bespreek. Dit is die laaste tree voor ‘n groter uitdaging en niemand wil dié geleentheid misloop nie.
Kom Bolandpark toe. Bring die gesin en gees en wees deel van Worcester-rugby se groot dag. Vir rugbyliefhebbers is dit nie net ‘n wedstryd nie – dis ‘n eindronde voordat die werklike eindronde begin.
Afskop: Saterdag 6 September om 14:45. Kaartjies is teen R30 by die hek beskikbaar.




