’n Baie bekostigbare eiendom, geleë naby die sakekern, hospitale en mediese sentrums, word vandeesweek deur Seeff aangebied.
Die eiendom is in ’n rustige veiligheidskompleks geleë, wat deur ’n elektriese heining omring word en ook beheerde toegang bied.
Dit beskik oor twee netjiese slaapkamers, albei met ingeboude kaste, en daar is ook twee badkamers, waarvan een en suite is. Die een badkamer het ’n bad en die en suite-badkamer het ’n stort.
Die oopplan leef- en kombuis-area is netjies geteël en daar is veilige, direkte toegang vanaf die motorhuis. Die motorhuis het ook addisionele ruimte vir werk of stoorgoed.
Die eiendom is onlangs opgeknap en alle binne- en buitemure is geverf. Die dak is ook nagegaan vir enige probleme. Die eiendom is van voor tot agter nuut geteël en met nuwe kombuiskaste toegerus.
Die redelik nuwe gasstoof word saam met die eiendom verkoop en bied addisionele waarde.
Daar is goeie sekuriteit met beheerde toegang, diefwering en veiligheidshekke.
Maak gerus ’n afspraak om die eiendom te besigtig of bel Elmarie of Pieter vir navrae by 082 575 9862 of 082 663 5010, of skakel die kantoor by 023 344 3291.