Die Worcester-fotografieklub het die jaar met die tema Vintage ingelui. Die klub het twee wenfoto’s vir die aand gehad – “Desire” en “Favourite of the Eighties”. Dit was baie interessant om te sien hoe verskillende fotograwe die tema vertolk het. Die volgende tema, vir Maart, is landskappe. Die klub kom elke tweede Donderdag van die maand om 18:30 vir 19:00 by die Hooggelegen-aftreeoord, Langerug, se saal bymekaar. Alle belangstellendes is welkom om hierdie interessante aande by te woon. Die klub-aand word nie deur beurtkrag beïnvloed nie. Bring asseblief jou rybewys/ID saam vir sekuriteitsdoeleindes om by die hek in te kom. Bring ook ’n koffie- of teebeker saam om ’n beker boeretroos saam met lede te geniet. Kontak Lin Adshade op WhatsApp by 082 638 5624 vir meer inligting.

Credit: SYSTEM

Die nostalgie en glans van ‘vintage’

You need to be Logged In to leave a comment.