Vir die afgelope 59 jaar bied die Boubedingingsraad Noord en Wes Boland vir diegene in die bou-industrie verskeie dienste aan.
Die raad se visie en missie is om ’n sentrale, nie politiese forum daar te stel, te bevorder en te voorsien aan alle werkgewers en werknemers in die bou-industrie.
Hul bied dienste aan werkgewers en werknemers ten opsigte van arbeidsgeskille, loononderhandelinge, pensioenfonds, siekefonds en vakansiefonds.
Die Raad strewe om mense in die boubedryf met die onderhandeling en bevordering van die volgende aspekte te help:
- ’n Ooreenkoms met billike en regverdige diensvoorwaardes;
- Arbeidsvrede;
- Effektiewe en doeltreffende arbeidsreg;
- Stabiele diensvoorwaardes; en
- Die bydrae tot die ontwikkeling en instandhouding van ’n vrye, regverdige en voorspoedige bou-industrie.
Hul dienslewering sluit in die landdrosdistrikte van Ceres, Montagu, Robertson, Tulbagh en Worcester, die Overberg-distriksmunisipaliteit (uitsluitend die Overstrand-munisipaliteit), Sentraal Karoo-distriksmunisipaliteit (uitsluitend die landdrosdistrik van Beaufort-Wes) en die Weskus-distriksmunisipaliteit (uitsluitend die landdrosdistrik van Malmesbury).
Die raad se kantoor, geleë te Durbanstraat 162, is weeksdae oop van 08:00 tot 13:00 en weer van 14:45 tot 16:45. Hulle kan by 02 342 0085 of worcester@bbcnwbol.org.za gekontak word.