Lezé de Vlam, ’n leerder aan FJ Conradie Primêr, het die afgelope naweek haar teenstanders uitgestof en is as die o.11-Bolandkampioen in die 1 200 m gekroon. “Dit is vir my goed om te sien hoe sy presteer en ’n opwaartse kurwe toon. Ek sien uit dat sy verder by die Wes-Kaap-kampioenskap goed sal vaar,” sê haar afrigter, Jaap Booysen. Saam met Lezé is Juliano Hendricks (spanbe­stuur­der), Mercia Hendricks (skoolhoof), Lezé en Jaap Booysen (afrigter).


Die vurige ‘Vlam’ weer die waardige kampioen

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Worcester Standard School Vibes Issue #3 – 5 December 2025
    Credit: Wynette King

Gift this article