Wynliefhebbers, hul gesinne, families en vriendekringe kan weer uitsien na die jaarlikse Nuyvallei-fees, wat Saterdag 10 Mei plaasvind. Hierdie gewilde fees vier die wyn- en olyfoes in een van die Wes-Kaap se mees skilderagtige gebiede – ‘n versteekte juweel.
Die Nuyvallei, slegs 13 km van Worcester op die Robertson-pad (R60), is bekend vir sy pragtige berge, wingerde, bekroonde wyne en wêreldklas-olyf-produkte – alles met ‘n ouwêreldse sjarme wat besoekers altyd betower.
Vermaak vir die hele gesin
Die gewilde fees word aangebied deur vier bekende landgoedere in die vallei: Die Nuy-wynlandgoed by Nuy on the Hill, Willow Creek Olive Estate, Leipzig Country House and Winery en Lions Creek Olive Estate.
Besoekers kan uitsien na ‘n verskeidenheid aktiwiteite vir jonk en oud, onder meer musiek in lewende lywe, wyn- en olyfproeë, tradisionele Duitse geregte, flyt-bier asook buitelugavonture.
Een van die hoogtepunte is die Nuyvallei Express – ‘n trekker-warit deur die wingerde en olyfboorde en wat besoekers tussen die feesvenues vervoer. Die trekkers met waens en die wynverkope sal van 09:00 tot 17:00 beskikbaar wees.

Kaartjies is reeds aanlyn te koop.
Volwassenes aanlyn: R230 (tot 9 Mei); Volwassenes by die hek: R250;
Ingesluit by die prys is beperkte wynproeë, olyfproeë, trekker-ritte tussen venues, toegang tot elke venue, toegang tot alle musiekopvoerings by venues en toegang tot sommige kinderaktiwiteite.
Kaartjie vir aangewese bestuurder: R150 (geen glas of alkohol);
Tieners (12-17 jaar): R50; Kinders (11 jaar en jonger): gratis.
Besoekers kan verseker wees van ‘n buitengewone ervaring in die pragtige vallei. Volg die fees op sosiale media om op hoogte te bly van die hoogtepunte.
Moenie die pret misloop nie – kom geniet ‘n heerlike dag in die Nuyvallei waar bekroonde wyn, heerlike landelike kos en gesinspret wag.
• Kaartjies te koop by Webtickets.



You must be logged in to post a comment.