Dit was ’n week wat almal gaan onthou.

Vanjaar was die belangstelling en betrokkenheid van die gemeenskap by HTS Drostdy se Belewenisweek, wat van 16 tot 21 April plaasgevind het, weer eens ’n hoogtepunt.

In dié week was talle oudhoofleiers van Drostdy, van so ver terug as 1950, na die argief in die hoofgebou genooi. Hiér kon hulle Drostdy van voor af beleef.

Die sanger, Jo Black, het die jongmans in Stalshuis se saal aangemoedig met die tema: “Ons is gemaak om uit te gaan.” Terselfdertyd het die sangeres en aktrise, Leah, 350 meisies op hul voete in die skoolsaal gehad met haar musiek.

Die Vrydagaand was dit die vroue se beurt toe die bekende motiveringspreker, Mariette Loubser, hulle toegespreek het.

Haar tema was dat mens die goud in ander moet soek en nie teen die myn­hoop vaskyk nie. Die groep, Dinamiese Dames, het ook opgetree en die gehoor vasgevang met dramatiese toneelspel en sang.

Die Belewenisweek is met ’n koek-en-tee-geselligheid afgesluit waarheen oupas en oumas van die leerders van Drostdy genooi is. ’n Tradisionele boeremusiek­orkes van Hermanus het hulle vermaak.

You need to be Logged In to leave a comment.