Die dramagroep van Hexvallei Sekondêr het die afgelope naweek aan die Goliath Davids-toneelfees in Heidelberg deelgeneem, waar die groep twee toneelstukke ingeskryf het. Die eerste toneelstuk was Die Hartseer pad na vryheid, geskryf deur Marius Mampa, en die tweede was Gold Mêttels en fits pille, geskryf deur Bazil Kevido. Volgens Mampa het die groep tussen die twee optredes met 18 goue sertifikate, asook ses silwer sertifikate weggestap. “Die hartseer pad na vryheid het ook ’n sertifikaat ontvang vir die beste nuutgeskrewe teks, en een van ons leerders het ook die toekenning/trofee ontvang vir beste akteur,” voer Mampa aan. Voor van links is Jolene Skosana (goud), Warudene Agulhas (goud), Kazlique van Wyk (twee goud), Esmarie Joseph (goud), Mishay Wagner (goud), Roxanne Swarts (een goud en een silwer), Amy-Lee Vivashe (een goud en een silwer), Ashwill Stols (fotograaf). Agter van links: Jinine Edwards (assistent-regisseur), Shirley Kleinbooi (goud), Ruzane Solanie (goud), Abronecia Nuwegeld (goud), Shane-Lee Koopman (silwer), Malcolm Solani (goud en trofee vir beste akteur), Marius Mampa (regisseur

Drama-groep presteer

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Worcester Standard School Vibes Issue #3 – 5 December 2025
    Credit: Wynette King

Gift this article