Worcester Sekondêre Skool se dramagroep het onlangs die skool se naam hoog gehou.

Dié dramagroep het die prys vir die beste produksie by die Kunstekaap se jaarlikse dramafees vir hoërskole gekry.

Die wenproduksie, Bleeding Minds, is deur Natasha Africa geskryf. Drie van die leerders het benoemings ontvang: Sudlien Kouter vir beste aktrise, Macseen Keith vir beste ondersteunende aktrise en John Heyns vir beste ondersteunende akteur. John het die trofee in dié kategorie ontvang.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Worcester Standard School Vibes Issue #3 – 5 December 2025
    Credit: Wynette King

Gift this article