Drostdy aangewys as beste tegniese skool in die W-Kaap

HTS Drostdy het ná afloop van die matriekeksamen met ’n gesogte prys weggestap – die skool is by die Wes-Kaapse 2018 Nasionale Seniorsertifikaat-prestasieprysuitdeling as die algehele wenner in die Wes-Kaap in die kategorie vir hoërskole met ’n tegni


HTS Drostdy het ná afloop van die matriekeksamen met ’n gesogte prys weggestap – die skool is by die Wes-Kaapse 2018 Nasionale Seniorsertifikaat-prestasieprysuitdeling as die algehele wenner in die Wes-Kaap in die kategorie vir hoërskole met ’n tegniese baan aangewys.

Die prys is deur die minister van onderwys, Debbie Schäfer, aan die skoolhoof, Arthur Underhay, by die amptelike geselligheid wat Donderdag 10 Januarie by Leeuwenhof in Kaapstad plaasgevind het, oorhandig.

Die keuringskomitee grond die toekenning op spesifieke kriteria waarin die gemiddelde prestasie in berekening gebring word in vakke soos wiskunde, fisiese wetenskappe, ingenieursgrafika en ontwerp, tegniese wetenskap, tegniese wiskunde, elektronika, kragstelsels, motorwerktuigkunde, pas-en-draaiwerk, houtbewerking en bou en konstruksie.

Volgens Underhay was dit vir hom ’n uitsonderlike belewenis toe Drostdy as die wenner aangekondig is.

“HTS Drostdy is die produk van hardwerkende, toegewyde personeel wat hulle in hul vakke uitleef en altyd meer doen as wat van hulle verwag word,” sê hy.

You need to be Logged In to leave a comment.