Altesaam 22 atlete van HTS Drostdy het as lede van die Boland-span aan die Wes-Kaap-atletiekbyeenkoms deelgeneem. Hulle het uitsonderlik goed presteer en het vyf goue, vyf silwer- en drie bronsmedaljes ontvang. Al die leerders het gekwalifiseer om aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap deel te neem, behalwe die o.14-leerders aangesien hulle nie op SA Atletiek se ouderdomslys is nie.Voor is Petri Lottering (brons in 1 500 m vir seuns o.15), Jade Visage (silwer in verspring vir meisies o.14) en Christolique McNeil (goud in 800 m vir meisies o.14, 1 500 m vir meisies o.15 en 1 500 m vir meisies o.14). In die middel is Virgell-Lee Africa (silwer in 2 000 m-hindernis vir meisies o.17), Chenique Sas (silwer in 1 500 m-hindernis vir meisies o.15 en 3 000 m vir meisies o.15) en Monique September (brons in 200 m vir meisies o.14). Agter is Virnita Africa (silwer in 3 000 m-hindernis vir meisies o.19), Lee-ann van der Westhuizen (silwer in gewigstoot vir meisies o.15) en Meagan Swanepoel (goud in 3 000 m vir meisies o.19, brons in 1 500 m vir meisies o.19).


Drostdy-atlete deur na SA’s

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Worcester Standard School Vibes Issue #3 – 5 December 2025
    Credit: Wynette King

Gift this article