Drostdy se onnies baas in die kombuis

HTS Drostdy se personeel is baie opgewonde oor ’n heerlike spanbou-inisiatief wat in die skool se gas­vry­heidslokaal, De Drostdy-restau­rant, gehou word.


HTS Drostdy se personeel is baie opgewonde oor ’n heerlike spanbou-inisiatief wat in die skool se gas­vry­heidslokaal, De Drostdy-restau­rant, gehou word.

“Onnies Kook” is gegrond op die gewilde werklikheidsreeks, Masterchef, maar met ’n unieke kinkel vir dié groep opvoeders.

Die personeel is in vier groepe van 13 elk ingedeel.

Elke span is verantwoordelik vir die dek van hul eie tafels vir 48 gaste, die voorsit van kos, die voorbereiding en maak van ’n hoof- en nagereg – alles binne ’n voorgeskrewe stel riglyne. Dit sluit in voorgeskrewe gaarmaakme­todes en begroting.

Die volgende ronde van dié kompetisie vind 14 November plaas. Die kompetisie word met ’n gala-aand 21 November afgesluit, waar die wenners aangekondig sal word.


. Gaste is welkom om die geleenthede by te woon en kaartjies is beskikbaar teen R100 per persoon by die finansiële kantoor van HTS Drostdy, of skakel 023 342 2320.

You need to be Logged In to leave a comment.