EPH beklink taai stryd teen WSS

Verlede week se Besigheid teen Misdaad-wedstryd was ’n taai wedstryd met ’n klein punteverskil aan die einde, net soos die derby wat die afgelope naweek tussen ­Young Hamiltons en Worcester Perseverance gespeel is.


Verlede week se Besigheid teen Misdaad-wedstryd was ’n taai wedstryd met ’n klein punteverskil aan die einde, net soos die derby wat die afgelope naweek tussen ­Young Hamiltons en Worcester Perseverance gespeel is.

Worcester Senior Sekondêr (WSS) en Esselenpark Hoërskool (EPH) het mekaar Woensdag 11 Mei op ’n pragtige namiddag in die Besigheid teen Misdaad-liga gepak. WSS het as wenners uit die stryd getree met die eindtelling op 10-7.

WSS het ná die afskop eerste weggebreek. Nathen Willemse het die bal gekry, ’n tikskoppie gegee en Gurshwin Philipus in besit gestel om oor te gaan vir ’n drie en die telling 5-0 in WSS se guns te maak.

EPH het daarna gevaarlik aangeval maar hanteerfoute het die span lelik in die steek gelaat. Uiteindelik, ná nog ’n aanvalspoging, het EPH flank Dylen Alberts die bal gekry en vir ’n pragdrie oorgegaan. Die drie is verdoel om die rustydtelling 7-5 vir EPH te maak.

In die tweede helfte het WSS sy momentum teruggekry en die een aanval na die ander van stapel gestuur. Dit het vrugte afgewerp toe die agterspelers die bal gedra het en Pieter-John Jooste kon oorstuur vir ’n drie wat nie verdoel kon word nie.

In die laaste paar minute het die telbord stilgestaan vir ’n eindtelling van 10-7 in WSS se guns.

In die o. 15-wedstryd het WSS EPH met 20-15 geklop en in die o.16-wedstryd met 18-12.

You need to be Logged In to leave a comment.