Nuy Vallei-Fees

May 10 @ 08:00 17:00

Wynliefhebbers en families kan uitsien na die jaarlikse Nuy Vallei-Fees wat op Saterdag, 10 Mei plaasvind. Hierdie gesogte gebeurtenis vier die wyn- en olyf-oes in een van die Wes-Kaap se mees skilderagtige versteekte juwele.
Die Nuy Vallei, slegs 13 km vanaf Worcester op die Robertson-pad (R60), is bekend vir sy pragtige berge, wingerde, bekroonde wyne en wêreldklas olyfprodukte, alles met ‘n oud-wêreldse sjarme wat besoekers betower.


Vermaak vir die hele gesin
Die gewilde fees word aangebied deur vier bekende landgoedere in die vallei: Nuy Wynlandgoed by Nuy on the Hill, Willow Creek Olive Estate, Leipzig Country House and Winery, en Lions Creek Olive Estate.
Besoekers kan uitsien na ‘n wye verskeidenheid aktiwiteite vir jonk en oud, insluitend lewendige musiek, wyn- en olyfproeë, tradisionele Duitse geregte, flyt-bier asook buitelug avonture.
Een van die hoogtepunte is beslis die Nuy Vallei Express – ‘n trekker-wa rit deur die wingerde en olyfboorde wat besoekers tussen die feesvenues vervoer. Die trekkers met waens en wynverkope sal van 09:00 tot 17:00 in werking wees.


Kaartjies nou beskikbaar:
Volwassene kaartjie-prys: R230* (tot 9 Mei)
Volwassene kaartjie-prys: R250* (by die hek)
Bestuurder-kaartjie: R150 (geen glas of alkohol)
(*Ingesluit by die prys is beperkte wynproeë, olyfproeë, trekker-ritte tussen venues, toegang tot elke venue, toegang tot alle lewendige musiek by venues en toegang tot sommige kinderaktiwiteite.).
Tiener (12-17 jaar): R50
Kinders (11 jaar en jonger): GRATIS
Besoekers kan verseker wees van ‘n buitengewone ervaring in hierdie pragtige vallei. Volg die fees op sosiale media en hul webwerf om op hoogte te bly van die dag se hoogtepunte.
Moenie hierdie geleentheid misloop nie – kom geniet ‘n heerlike dag in die Nuy Vallei waar bekroonde wyn, fyn landelike kos en gesinspret wag!
Kaartjies beskikbaar by Webtickets.co.za