Fourstars-dagsorg het Vrydag (27 November) sy jaarlikse graderingsplegtigheid gehou. Dié geleentheid was vir die bestuur en kleuters ’n reusevoorreg ná die moeilike jaar met die Covid-19-pandemie. “Dit was ’n baie spesiale geleentheid waar ons die ouers en die gemeenskap vir hul ondersteuning deur die jaar bedank het. Ons kinders het die dag baie geniet,” het die eienaar en hoof van Fourstars-dagsorg, Amanda Booysen, gesê.


Fourstars sluit af

You need to be Logged In to leave a comment.