Grondbeurs Eiendomsagente bied vandeesweek ’n splinternuwe vrystelling in die gesogte woonbuurt Panorama aan.
Hierdie gerieflike gesinswoning is stylvol en met sorg vernuwe. Dit bied drie ruim slaapkamers met ingeboude kaste en twee volledige badkamers. Daar is ook ’n ingerigte kantoor wat kan dien as ’n vierde slaapkamer vir die groter gesin. ’n Bonus is die ekstra buite-gasteslaapkamer wat toegerus is met ’n en suite-badkamer. Die moderne kombuis beskik oor ’n gasstoof en aparte opwas-area. Die ruim eetkamer is aangrensend aan die kombuis. ’n Tweede leefarea en braaikamer leef uit op ’n stoep en swembad.
’n Dubbelmotorhuis, ’n ekstra groot wendyhuis, diefwering en veiligheidshekke van goeie gehalte, asook ’n alarmstelsel, bied addisionele waarde en veiligheid. Die nuwe plaveistene en goed versorgde tuin rond die woning perfek af.
Vir besigtiging, kontak Stefanie of Linda by 079 697 8768 en 084 532 5242, of die kantoor by 023 342 7890 om ’n afspraak te maak.