Gim se musieksterre is agter van links Anja Byleveld, Nicorene Louw, Ariel Truter, Annalou Viljoen, Carla van Niekerk, Ania Wnuczek-Lobaczewski en Jeanette Roux. In die middel is Robyn Tobias, Angelique Morkel, Anthony Brand, Isabella Boshoff, Julia Marone en Vida Park. Voor is Caitlin Willemse, Jana Blomerus, Summer-Joy Hendriks, Gaby Jacobs en Amy-Joy Gabriel.Foto:


Musiekleerders van Worcester Gimnasium het uitstekend presteer in die Unisa- en Trinity-musiekeksamen.

Angelique Morkel (graad 2, teorie, 97%) is op Unisa se ererol geplaas. Die leerders wat lof gekry het vir hul Unisa-musiekeksamen is Ania Wnuczek-Lobaczewski (graad 4, teorie, 91%), Anthony Brand (graad 3, klavier, 80%), Carla van Niekerk (graad 4, teorie, 85%), Gaby Jacobs (graad 4, teorie, 92%), Amy-Joy Gabriel (graad 2, teorie, 80%), Jana Blomerus (graad 2, teorie, 97%), Daniel le Roux (graad 2, teorie, 80%), Aretha le Roux (graad 2, teorie, 87%), Julia Marone (graad 3, teorie, 89%), Caitlin Willemse (graad 3, teorie, 92%) en Annalou Viljoen (klavier, 80%).

Die leerders wat eervolle vermelding gekry het, is Caitlin Willemse (graad 4, klavier, 73%), Jeanette Roux (dwarsfluit, 73%), Robyn Tobias (graad 4, klavier, 75%), Annalou Viljoen (graad 4, teorie, 76%) en Ania Wnuczek-Lobaczewski (graad 5, klavier, 70%). Robyn Tobias het haar graad 3, teorie, geslaag.

In die Trinity-musiekeksamen vir sang het Isabella Boshoff en Vida Park (albei graad 4) eervolle vermelding gekry. Amy-Joy Gabriel, Nicorene Louw, Ariel Truter (almal graad 4), Deva Willemse (graad 7) en Summer-Joy Hendriks (graad 4) het hul sangmusiekeksamen goed geslaag.

Anja Byleveldt (graad 6, altblokfluit) het ook geslaag.

You need to be Logged In to leave a comment.