Worcester Gimnasium se vroueaand, wat jaarliks deur die hoofmeisie en haar ma aangebied word, was soos elke jaar weer ’n reusesukses. Vanjaar is die geleentheid aangebied deur Leandrie du Toit en haar ma, Melanie. Die gasspreker was die bekende skrywer en motiveringspreker Susan Coetzer en die gaste het haar aanbieding terdeë geniet. Die skool bedank die gasvroue en alle ondersteuners wat bygedra het tot die sukses van die geselligheid. Dit is een van Worcester Gimnasium se tradisies wat elke jaar ’n hoogtepunt op die kalender is. Van links is Melanie du Toit, Susan Coetzer en Leandrie du Toit.Foto: