: Worcester Gimnasium se krieketkapteins is (van links) Nick Geldenhuys (o.14A), Hans Klüsmann (o.19A2), Frederich Conradie (o.19A1) en Stian Viola (o.15A).


Worcester Gimnasium het met sy jaarlikse interskole teen Hoërskool De Kuilen sy stempel afgedruk op die krieketveld. Al vier die Gim-spanne het gewen en weggestap met die trofeë.

Die o.19A1-span het met 7 paaltjies gewen. Die beste kolwers was Curtley Deelman (42), Ashwin Witbooi (28) en Pierre Joubert (14*).

Die beste boulers was Witbooi met 4/22, wat ’n driekuns ingesluit het, Deelman met 1/14, Frederick Conradie met 1/15 en Daniel van der Berg met 2/25.

Die o.14A-span het met 4 paaltjies gewen. Die beste kolwers was Eduard Klüsmann (45), Ethan Solomon (23) en Nick Geldenhuys (21) en die beste bouler was Ethan Solomon (1/30).

Die o.15A-span het gewen met 40 lopies. Die beste kolwers was Dylan Setera (61), Bruce-John Joseph (57) en Ryan George (20) en die beste boulers Dylan Setera (3/23) en Chamber Joseph (4/24).

Die o.19A2-span het met 10 paaltjies gewen. Hul beste kolwers was Anton Voigt (33* van 38 balle) en Byron Moffat (18* van 17 balle) en die beste boulers Ussiel Langeveld (6/14) en Reevan Strydom (3/20).

You need to be Logged In to leave a comment.