Glen Heatlie Primêr se groentetuin is met 1 700 spekbome verryk. Volgens die skoolhoof, Aubrey Lawrence, is dit deel van ’n projek by die skool om die kinders meer omgewingsbewus te maak en om die skool se groentetuin ’n hupstoot te gee. Glen Heatlie Primêr is een van die min skole in die vallei wat kan spog met sy eie groentetuin. “Ons probeer ons skool onafhanklik bedryf en dus gebruik ons die groentetuin om ook ekstra geld in te samel vir die skool om die kinders se lewe te verryk,” sê Lawrence. Foto: Breyten Cupido


Glen Heatlie laat 1 700 spekbome groei

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Worcester Standard School Vibes Issue #3 – 5 December 2025
    Credit: Wynette King

Gift this article