’n Wegbreekgeleentheid by die ATKV Goudini Spa raak net beter en beter.

In die gees van die vernuwing en verjonging wat die ATKV onlangs ondergaan het, het ook die oord die afgelope paar maande herbelê in grootskaalse opgraderings. Die a la carte-restaurant lyk anders en het koordlose internet, die rondawels lyk meer soos moderne tweeslaapkamerwoonstelle, die binnenshuise swembad is opgradeer en die winkel het ook ’n nuwe baadjie aan.

Die oord bied nie net toegang tot sy beroemde natuurlike warmbronne en eindelose pretaktiwiteite nie, maar ook nege konferensiesentrums waarvan die grootste tot 800 konferensiegangers kan akkommodeer.

Danksy die oord se toeganklikheid vir mense met gestremdhede, het die oord ook by die Wêreldreismark in Kaapstad ’n Afrika Wêreldtoekenning vir Verantwoordelike Toerisme ontvang vir universele toeganklikheid.

Enigiemand is baie welkom om by die oord in te boek vir ’n vakansie of ’n naweek.

Nielede van die ATKV kan ook op Sondae kom swem as hulle by die restaurant eet. Onthou egter om vooraf te bespreek by 023 349 8105.

You need to be Logged In to leave a comment.