Nuwe graad-eentjies het Woensdag 9 Januarie hul eerste skooldag slaggereed aangepak, van kop tot tone uitgerus in nuwe skooluniforms en skryfbehoeftes in hul tasse.
Die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) kan in hierdie stadium nie spesifieke statistieke bekend maak oor hoeveel nuwe gr. 1-leerders in die Breedevallei by skole geregistreer het nie, maar kon wel algehele data oor die provinsie verskaf.
Die woordvoerder van die WKOD, Bronagh Hammond, sê altesaam 108 325 graad 1-leerders is in die provinsie by skole ingeskryf.