Een van Worcester se bekendste eiendomsagentskappe is nou selfs sterker as voorheen. Grondbeurs Eiendomme sal voortaan hul dienste sy-aan-sy met die bekende Jawitz Properties doen.
Jawitz Properties, op dieselfde perseel as Grondbeurs, sal die verkoop van eiendomme hanteer terwyl Grondbeurs steeds die verhuringsarm van die onderneming sal hanteer.
Grondbeurs Eiendomme is tans ’n familie-onderneming wat al sedert 1984 deel is van Worcester.
Die onderneming het sedertdien vir homself naam gemaak en ’n stewige reputasie gebou op vertroue en goeie kliëntediens.
Vir enige verhuringsnavrae skakel met Attie en sy span vir topgehalte diens by 023 342 7890.