Maak seker jy bespreek vroegtydig jou kaartjies vir die Robertson-bierfees op 3 September.

Dié gewilde fees, wat vanjaar vir die vierde keer aangebied word en selfs nóg groter as vorige jare is, beloof om ’n heerlike Saterdag-uitstappie vir die hele gesin te wees.

Met 13 mikrobrouerye se bier wat geproe kan word, ’n Oompah-orkes, kinderarea met oppassers, heerlike Duitse geregte, varsproduktemark en piekniekarea, is die bierfees ’n geleentheid wat jy beslis nie moet misloop nie.

Toegang tot die fees, wat vanjaar by die Robertson-skougronde gehou word, is slegs R100 per persoon en sluit ’n 500 ml bierglas en 10 proe-koepons in. Kaartjies sal by die ingangshek beskikbaar wees

Toegang vir kinders onder 18 kos R40 en sluit toegang tot die pret-area in waar hulle na hartelus onder toesig sal kan baljaar.

Vir navrae kontak die Robertson Toerismekantoor by [email protected] of 023 626 4437.

You need to be Logged In to leave a comment.