’n Blink sporttoekoms in atletiek lê vir Wiaan Ashlin Martin (middel) van De Doorns voor. Hy het die eindronde by die ASA se atletiekkampioenskap by die Dal Josafat-stadion in Paarl gehaal. Wiaan word deur sy pa, Willem, en sy ma, Margaret, ondersteun. Hy is ook baie trots op die goue medalje wat hy en sy spanmaats in die 4×100 vir seuns o.18 verower het. Wiaan kon ongelukkig ook weens ’n fratsbesering nie die 200 m-eindwedloop mededingend voltooi nie. Hy wil voortaan in die 200 m en 400 m spesialiseer. Volgens sy afrigter, Japie Booysen, ook van De Doorns, wag ’n blink toekoms op dié jong atleet. Wat Booysen egter die meeste ontstel, is al die ander talent wat nie die nodige ondersteuning uit die gemeenskap ontvang om ook tot hierdie vlak uit te styg nie.Foto:


Groot toekoms wag

You need to be Logged In to leave a comment.