Worcester Gimnasium het weer eens by die jaarlikse Radikale Redenaars-kompetisie met die louere weggestap.
’n Magdom Gimmies het ingeskryf en uit die groot getal inskrywings het die rekordgetal van 30 leerders na die Wes-Kaapse eindronde van die kompetisie deurgedring. Dié eindronde sal op 25 Augustus by die Hoërskool Stellenberg plaasvind.