Dié netjiese drie-slaapkamer huis wat deur Sotheby’s bemark word, bied ’n gulde geleentheid om nou een van hierdie unieke en gesogte Oude Meule-eiendomme te bekom.
Oude Meule is een van Worcester se mees gesogte toegangsbeheerde komplekse met hekwagte wat 24 uur aan diens is.
Die skouhuis is ’n goeie belegging aangesien slegs enkele oorblywende erwe nog in die mark is. Jy sal nie weer so ’n eiendom kan bou vir die prys waarteen hierdie eiendom bemark word nie.
Die eksklusiewe eiendom spog met baie ekstras soos sonpanele, lugversorgers, besproeiing en blindings voor alle vensters.
Bel Sotheby’s by 023 347 2240 vir meer inligting of om vandag nog ’n afspraak te maak